Frans en Sannie Briel - Kant 1
Music Edition Music Edition
1.89K subscribers
234 views
0

 Published On Jun 14, 2023

Frans en Sannie Briel
Die Briel gesin

Kant 1
1. Die sterwende kind
2. Droewige Ogies
3. Enjin nr.5
4. Die dag as ek sterf
5. As God my verlaat
6. Haar hand was koud
7. Kom haal my pappie

Die Briel-gesin se musiek staan sy plek met reg vol tussen Afrikaanse musiek. Die Briels het die eerste ‘betrokke’ musiek in Afrikaans gemaak. Hulle dokumenteer in hul musiek die ekonomiese, politieke en sosiale veranderinge sedert die ontdekking van goud en die groot depressie van 1929-1933 op ‘n unieke manier.

Frans (gebore 05.09.1919 in Bloemfontein) was 2 jaar oud toe sy pa oorlede en is hy in ‘n kinderhuis daar geplaas. Hy het alle kontak met sy ma verloor en haar eers in die vyftigerjare weer opgespoor. Sannie Venter (gebore 19.06.1923) was een van 7 kinders en is as 7-jarige in die kinderhuis op Ugie geplaas. Na die dood van haar pa kon haar ma die gesin nie langer onderhou nieen is sy en haar 3 broers na die kinderhuis waar sy tot na haar 14de verjaardag sou bly. Frans en Sannie het albei opeiding in die toentertydse nywerheidskole ontvang, maar werk was skaars.

Hulle het in Bloemfontein ontmoet en trou in 1942. Frans het aanvanklik as oorlaaikruier en vragmotor bestuurder vir die spoorweë gewerk en Sannie by teaters as plekaanwyser en kassiere. Hul dogter, Anita, is 16.06.1949 gebore en verhuis hulle na Pretoria. Vyf jaar later (12.09.1954) is hul seun, Fransie, gebore. Frans het in Pretoria weer by die spoorweë en daarna by Yskor gewerk. Sannie was ‘n bekende gesig by teaters as plekaanwyser en later vir ‘n tyd bestuurder by die Roxy-teater. Hulle het saam by Yskor begin werk - hy by die yster-walse en sy as kraandrywer by die oond.

Frans het altyd by die huis geneurie, resitasies geskryf en dit dan gesing. Later het Sannie begin saamsing. Dié twee se verlange na ‘n eie ouerhuis het gou gestalte gekry in liedjies waarvan Frans self die woorde en musiek geskryf het. Een van Sannie se jonger broers het ‘n toets bandopname laat maak, dit aan Arthur Harris van Trutone platemaatskappy voorgelê, en so is hul eerste 78opm plaat, ‘My Vader’ (keersy: ‘My Moeder’) op 24 Aug 1955 gemaak. Die Briels is na winkels genooi om op te tree en het later konserte op baie plekke gehou.Van hul eerste plaat tot die beëindiging van 78opm plate in SA in 1961 het hulle meer as honderd opnames gemaak.
Anita het as sesjarige in 1956 begin saamsing. Haar eerste opname met haar ouers was ‘My Bruin Oog Boetie’. In Aug 1961 word Fransie vir die eerste keer op plaat gehoor saam met Anita en Frans en neem hy ‘Ek Is Fransie’ op. Hy het egter net op 3 opnames gesing.

Anita ontwikkel in haar tienerjare as ‘n sangeres in eie reg. In 1971 neem sy ‘n langspeler onder die Trobadour etiket op waarna sy by Brigadiers platemaatskappy aansluit. Sy neem ‘n langspeler, ’Goeiemôre Goeiedag’ onder die skuilnaam ’Nita Liza’ op. Die plaat kry lof van die kritici en Anita word vir ‘n SARIE-toekenning as SA se beste sangeres genomineer. Fransie maak geen opnames nie tot hy saam met Anita in 1972 as die sangduo ’Boet en Sus’ die langspeler ’Hello-A’ opneem.

In 1973 trou Anita met ‘n boer, Tinus de Jager. Sy verhuis na Burgersfort en omdat dit moeilik was om Johannesburg toe te reis vir opnames en optredes, tree sy uit die musiekwêreld. In 1981 verhuis haar ouers na haar en Tinus se plaas. Frans sterf op 4 Nov 1985 aan kanker. Sannie sterf op 10 Julie 1996 aan ‘n beroerte.
Die Briels het altesaam 482 liedjies opgeneem.

show more

Share/Embed