Vastrap Asseblief (Kant 1)
Music Edition Music Edition
1.9K subscribers
512 views
0

 Published On Jun 18, 2023

Vastrap Asseblief
Frikkie Broodryk – Bronkie Bronkhorst – Joe Hein

Kant 1
1. Nastergal (Settees) Boere Konsertina – Joe Hein
2. Jy is my liefling (Wals) Twee Kitaars – Frikkie & Bronkie
3. Sterwekop (Vastrap) Boere Konsertina – Joe Hein
4. Modder Pap (Settees) Engelse Konsertina – Frikkie Broodryk
5. Geel Perske (Wals) Viool – Joe Hein
6. Eva (Settees) Engelse Konsertina – Frikkie Broodryk

Dit word gesê dat die Afrikanervolk besig is om te verstedelik, om die ou gewoontes en gebruike opsy te skuif en om alles wat hulle eie is, te minag. Ons glo nie dat dit waar is nie, want waar 'n klompie boere bymekaar kom op die platteland sowel as in Johannesburg en ander stede se mees uitgesoekte kringe is dit nie te lank nie of hulle wil uiting gee aan die opgewektheid, die energie en die gees van broederskap wat tog só eie aan ons is . . . en as dit gebeur, wil die Boere net dans!

En dis hier waar die stedelike Afrikaner se ware boeregees nog na die oppervlakte borrel, want as hy wil dans wil hy geen nuwer- wetse, uitlandse musiek hê nie. O nee! Selfs wanneer die deftiges bymekaar kom en hulle vleisbraai (wat miskien 'n skemerkelk- partytjie" heet) ontaard in 'n dansparty, dan vra hulle: “Vastrap asseblief!" en nie te lank nie of almal skoffel dat die stof so staan aandpakke of te nie. Dit is soos ons Afrikaners maar is. Uiterlik kan ons allerlei nuwighede en oorsese gewoontes aankweek, maar wanneer ons werklik plesierig wil saamwees . . nouja, dan is dit maar weer: “Vastrap asseblief!"

En hierdie nuwe opname deur drie kêrels wat reeds heelwat naam gemaak het met hulle tradisionele en egte benadering tot ons eie musiek, beantwoord net aan daardie doel. Hier is suiwer Afrikaanse boeremusiek soos gespeel deur Oom Joe Hein, 'n plaasboer van Koppies, jong Frikkie Broodryk met sy konsertina en Bronkie Bronkhorst met sy mondfluitjie en sy kitaar. Oom Joe Hein kielie ook die konsertina dat hy so lekker kry en of dit nou die Boere- konsertina of die Engelse konsertina is, dit kom die daarop aan nie.

Frikkie Broodryk is uit Heilbron afkomstig (hy is daar gebore op 8 April, 1934) en Bronkie Bronkhorst kom uit Vredefort (waar hy op 1 Julie, 1920, die eerste lewenslig aanskou het). Bronkie het op Wolwehoek naby Sasolburg maar wanneer hierdie drie boere bymekaar gekom het, is hulle, Die “Vastrap Boere-orkes" en in die Noord-Oos Vrystaat was daar nie beter te vind nie.

show more

Share/Embed