Oubergpas na Tankwa Karoo
Kriekie se Kiekies Kriekie se Kiekies
7.39K subscribers
11,513 views
326

 Published On Jun 29, 2022

Oubergpas na Tankwa Karoo Nasionale Park
‘n Sprokiesrit verander in ‘n nagmerrie rit!
Die “normale” pad om te ry is deur Ceres, maar ons besluit toe om Sutherland om te ry, af deur Oubergpas na Tankwa Karoo toe. Die gps het gesê ons gaan 17:40 daar aankom………Wat ‘n belewenis en uitdagende pad!! Die pas is so verspoel dat ons omtrent stadig daar af is. Met die skemer wat op ons neerdaal, lyk alles ook mos erger as wat dit seker in daglig sal wees. Onder gekom, ry ons ons vas teen ‘n rivier vol water,
‘n modderbank waardeur ons nie kan gaan nie, ons moes klippe pak om oor ‘n sloot te kom, en om alles te kroon, toe nóg ‘n lewende hawe obstruksie voor ons uiteindelik by ons bestemming aankom! Alhoewel die gps gesê het aankomstyd is 17:40, het ons met al die uitdagings op die pad eers 21:30 gearriveer. Ry gerus saam en belewe die Oubergpas soos ek hom vir jou deur my kamera se lens gebring het.

show more

Share/Embed