Amir Tsarfati: Wie is die Palestyne?
Behold Israel / Afrikaans Behold Israel / Afrikaans
3.01K subscribers
1,185 views
88

 Published On Feb 28, 2024

Die Palestyne is nie verwant aan die Bybelse Filistyne nie, maar behoort eerder tot 'n Arabiese volksgroep. Die term "Palestina" is in 135 n.C. deur die Romeine bekendgestel om die Joode se verbintenis met die land Israel uit te wis, maar Jode het daar bly woon. Daar is geen historiese of argeologiese bewyse van 'n Palestynse nasionale identiteit nie, maar van 'n konsekwente Joodse identiteit en teenwoordigheid in die land Israel.

--------------------
Met soveel gesprekke oor die Palestyne, is dit miskien wys om met 'n eenvoudige vraag te begin.

Wie is die Palestyne?

Baie mense glo verkeerdelik dat die Palestyne verwant is aan die Bybelse Filistyne. Historici en argeoloë vertel ons egter dat dit mense is van Egeïese oorsprong is en nie 'n Arabiese volksgroep, wat ook ná die Babiloniese oorwinning verdwyn en nooit weer genoem is nie.

Die woord Filistyne, of Pelishtim in Hebreeus, is gewortel in “palash”, wat indringers beteken, en dus nie op enige regmatige eienaarskap oor die grond dui nie.

Trouens, die land staan histories bekend as Israel of Judea, 'n punt wat selfs in die Nuwe Testament bevestig word. (Matteus 2:19-20) "En ná die dood van Herodes het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef in Egipte verskyn en gesê: ‘Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel;...'"

Die term Palestina is in 135 n.C. deur die Romeine ingebring, na die Bar Kokhba-opstand. Hulle het Judea as Sirië-Palestina genoem, om die Joodse verbintenis met die land uit te wis.

Nietemin het die Jode daar bly woon, op die plek wat hulle Eretz Yisrael genoem het - die land Israel.

Die naam Palestina het eers in die 20ste eeu weer onder die wêreld se aandag gekom toe die Britte, na die Eerste Wêreldoorlog beheer oor die gebied geneem het.

Selfs toe, op amptelike muntstukke, waar dit Palestina gesê het, was die letters Aleph en Yud gedruk, die afkorting van Eretz Yisrael, die land Israel.

Was daar ooit iets soos ‘n historiese Palestynse nasionale identiteit?

Zuheir Mohsen, 'n prominente Palestynse leier, het eenkeer gesê: "Die bestaan van 'n aparte Palestynse identiteit bestaan slegs vir taktiese redes. Die stigting van 'n Palestynse staat is 'n nuwe werktuig om die stryd teen Israel en vir Arabiese eenheid voort te sit."

Dit is duidelik dat die antwoord nee is.

Daar is geen historiese of argeologiese bewyse van 'n Palestynse identiteit nie.

Wat ons wel vind is 'n konsekwente, Joodse identiteit en teenwoordigheid in die land Israel.

show more

Share/Embed