'n Nuwe Lied - Kant 2
Music Edition Music Edition
1.89K subscribers
42 views
0

 Published On Jun 14, 2023

‘n Nuwe Lied
Jeug tot Jeugaksiespan 1974

Kant 2
1. Lofsing die Here
2. Heilig, Heilig, Heilig is die Here
3. Want so lief het God die wêreld gehad
4. Juig voor die Here
5. Kom na my toe
6. Magaliesberg se aandlied
7. O Vader wat daar bowe woon

Ds. M.J. Smuts (hoofleier)
Die Ned. Geref. Kerk het 'n Jeug-tot-Jeugaksiespan van sestig lede saamgestel. Hierdie jongmense het 'n jaar van hul lewe aan die Aksie afgestaan. Tieners, studente, dienspligtiges en ander naskoolse jeugdiges is in die span ingesluit. Hulle was nie 'n professionele koor nie. Hulle hooftaak was om ander jeugdiges te help skool in christelike jeugleierskap.

Ook het hulle ander jeugdiges deur hul getuienis en sang aangemoedig in hul geloofslewe en saam met laasgenoemdes na die kerkvervreemdes uitgereik. Sang was deurgaans 'n belangrike deel van die Aksie. Op aandrang van vele is van hulle koorsang op hierdie twee plate opgeneem. Soos telkens wanneer die koor gesing het, is die doel van die twee plate ook om God te verheerlik. Mag die Here gee dat u by die aanhoor hiervan geestelik verwik word. Soli Deo Gloria.

Awie van Wyk
Mnr. Awie van Wyk is die amptelike koorleier van die Jeug-tot-Jeug-aksiespan. Hy is gebore in Beaufort-Wes en het gematrikuleer aan die Hoërskool Sentraal, Beaufort-Wes. Hy het sy universiteitsopleiding aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi waar hy die graad B.Mus. behaal het. Hy is getroud met Mej. Sucille Roux van Bredasdorp.
Sy aanstelling as koorleier het gevolg op die aanbeveling van die scriba van die Algemene Sinode se Kommissie vir die Erediens.

Cornelia Neelsie
Cornelia (Neelsie) van Zijl het as tweede koorleidster van die span opgetree. Wanneer die koor in twee moes verdeel, het sy die een helfte gelei. Sy was ook behulpsaam met die afrigting van die koor sowel as van kleiner groepe.
Sy het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria matrikuleer. Sy het aan die Potchefstroom Universiteit vir C.H.O. begin studeer en in 1973 haar studies (B.Mus.) aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi.

show more

Share/Embed