Millennium - Hoer in beton ft. Koos Kombuis
Millennium Millennium
1.1K subscribers
34,722 views
346

 Published On Premiered Mar 3, 2023

"Hoer in Beton" verwoord die eensaamheid wat alle toerende musikante soms ervaar... wanneer jy begin dink jy herhaal jouself, jy het jou siel verkoop vir roem, en jy voel hol binne-in jouself, asof daar nie meer n regte lewende mens agter jou openbare beeld is nie. Dan smag jy na outentieke kreatiwiteit; 'n lewe met minder fans en meer ware vriende. - Koos Kombuis

DOP: Lee Berg ‪@deconstructingadamstudios845‬

HOER IN BETON

My kitaar is my kruis
Ek's sover van die huis
Altyd moeg en half dronk
In my Troebadoer tronk
Vir hoe lank moet dit aanhou
Vir hoe lank moet ek reis
Deur hierdie nag sonder einde
Hierdie poesparadys

Wanneer laas was ek eerlik
Wanneer laas het ek werklik
Iets gehad om te sê
Daai goed wat niemand wil hê
Ek’s net ń cutaway image
Gemaak van karton
Vasgevang in die stage-lig
ek's hoer in beton

Ek’s die nar van die volk
So steek maar daai dolk
netso diep soos jy kan
Voor ek huistoe kan gaan
En hierdie aand van my afspoel
Al die glans en die cool
Al die strofes wat huil
Waar die hartseer in skuil
Gee my ń leeftyd van stilte
Of ń jaar in die son
Ek’s ń dooie legende
Ek’s ń hoer in beton

My kitaar is my kruis
Ek's sover van die huis
Altyd moeg en half dronk
In my Troebadoer tronk
Vir hoe lank moet dit aanhou
Vir hoe lank moet ek reis
Deur hierdie nag sonder einde
Hierdie poesparadys

Met my verslete bandana
En my bewende hande
My glasie vol trots
Ek weet ek’s eintlik ń doos
Vasgevang in die stage-lig
Soos ń haas in die koplig
Van ń bakkie vol jagters
Wat jaag met die nagsig
Gereed om te skiet en te tref en te troef
In hul visier is die clown met sy oë so bedroef
Ek’s so gatvol van lieg
My skuld week ń ton
Ek het als gegee wat ek kon
Ek’s die hoer in beton

My kitaar is my kruis
Ek's sover van die huis
Altyd moeg en half dronk
In my Troebadoer tronk
Vir hoe lank moet dit aanhou
Vir hoe lank moet ek reis
Deur hierdie nag sonder einde
Hierdie poesparadys
Wanneer laas was ek eerlik
Wanneer laas het ek werklik
Iets gehad om te sê
Daai goed wat niemand wil hê
Ek’s net ń cutaway image
Gemaak van karton
Vasgevang in die stage-lig
ek's hoer in beton
Hoer in beton
Hoer in beton
Hoer in beton
Hoer in beton

show more

Share/Embed