Toe Die Engel Aan Die Water Raak (Ft. Nádine)
Dozi Dozi
1.86K subscribers
609,594 views
4K

 Published On Premiered Feb 22, 2024

Lirieke:
Ek het mooi gevra – gebedel by die hemel
Ek’t my Pa gevra
vir ‘n been wat pas in my ribbekas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

My lyf het gedryf in die dooie see
jy’t die fakkels in die donker vir my aangegee,
my losgemaak, uit die doringdraad,
toe die engel met haar hande aan die water raak

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie,
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Hy het jou gestuur
tot in die koue van my eenman-vuur
gemeet gepas – aan my flenterjas,
jou ingelas met sy waterpas,
daar waar die gate was

Jy’t my opgetel langs my slingervel,
toe die reuse in my kop hulle geld kom haal,
jy’t my oorvertel in n volverhaal
met die bloed van jou trane hulle terugbetaal

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders,
loop jy na my ‘n engel op die water

Jy’t gesê die sand val deur ons hande
ek en jy
die hemel het my bedelbrief gekry

Ek’t mooi gevra
gebedel by die hemel - ek’t my Pa gevra
vir ‘n ribbekas waarin ek sou pas
om die legkaartstukke in te las
daar waar die gate was

Ek het verdwaal op eenspoor-paaie
jy het dit alles kom verander,
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water

Ek’t aanhou bloei deur die verbande
jy het dit alles kom verander
deur die breeklyn van die branders
loop jy na my ‘n engel op die water


Musiek Vervaardiger:
Byron Kuntz

Regisseur:
Tertius Human

Kameras :
Tertius Human

Video Vervaardigers:
Laughing Lamp

Redigeerder:
Tertius Human

Platemaatskappy:
Roots Records

Produksiebestuurders:
Tertius Human

#afrikaans #dozimusiek #braai #Dozi #nuweafrikaans #afrikaanspop #pop #maybemybaby #ouryperd #music #southafrica

show more

Share/Embed