DIE SLUIPMOORD OP HF VERWOERD - NOU IN KLEUR, GEMAAK DEUR "AI" TEGNOLOGIE (Film Colorization)
Ons Taal Ons Taal
5.98K subscribers
5,760 views
52

 Published On Aug 15, 2021

Hendrik Frensch Verwoerd
Persoonlike besonderhede:
Gebore -8 September 1901 -Amsterdam, Nederland
Sterf -6 September 1966 (op 64) -Kaapstad, Suid-Afrika
Dr. Hendrik Frensch Verwoerd (Amsterdam, 8 September 1901 – Kaapstad, 6 September 1966) was die eerste minister van Suid-Afrika wat weens ’n sluipmoord in die parlement in Kaapstad gesterf het. Verwoerd word algemeen as die argitek van die apartheidstelsel beskou. Sy premierskap word gekenmerk aan die drastiese verbetering van swart lewenstandaarde en spoedige ekonomiese ontwikkeling. Mense sal waarskynlik nog lank verskil oor die waarde van sy werk. In die geskiedenis van die Afrikaners en van Suid-Afrika bly die grondlegger van die 1961-Republiek ’n sleutelfiguur en vir sommige mense 'n held.

Kinderdae en loopbaan:
Hendrik Verwoerd is in Nederland gebore. Sy vader was Wilhelm Johannes Verwoerd, winkelier, en sy moeder, 'n Fries wat Anje Strik geheet het. Hy het 'n ouer broer, Leendert, en 'n jonger suster, Lucie, gehad.

Lucie, oftewel, Hendrika Johanna Lucretia, is op 8 November 1908 in Wynberg in Suid-Afrika gebore. Sy is op 23 April 1940 met Jasper Johannes Erasmus Cloete getroud en sy sterf op 26 Julie 1959. Hulle het twee kinders gehad: Maria Annette en Jasper Johannes Erasmus Cloete. Leendert is op 14 Julie 1899 in Amsterdam, Nederland gebore. Hy is op 5 Desember 1928 met Dorothea Maria Mellet getroud. Hulle het twee kinders gehad: Len Johann en Collin. Hy sterf op 27 Desember 1986.

Sluipmoord:
Eerste sluipmoordpoging
Op 9 April 1960 word 'n sluipmoordaanslag op Verwoerd uitgevoer. David Pratt skiet hom by die Randse Paasskou in Milner Park, Johannesburg twee keer met 'n .22 pistool in die gesig. Een koeël tref sy oor en die ander sy wang en verhemelte.

Sluipmoord:
Dr. Verwoerd pas nadat hy geskiet is tydens die Randse Paasskou in April 1960.
Op 6 September 1966 word Verwoerd in sy sitplek in die Volksraad deur Demetrios Tsafendas, 'n parlementsbode, met 'n dolk doodgesteek. Verwoerd word op 10 September 1966 in Pretoria begrawe. Op 13 September kies die Nasionale Party adv. Balthazar Johannes Vorster as nuwe leier waarmee hy outomaties die sewende Eerste Minister van Suid-Afrika word.

Reaksie op die sluipmoord:
Reaksie op die sluipmoord was gemeng. Alhoewel dit onder Afrikaners oor die algemeen as 'n tragedie beskou is, was daar ook mense wat anders oor die saak gevoel het. Dr Anton Rupert verklaar byvoorbeeld kort na die voorval: Ek wil nie 'n huigelaar wees nie: die feit dat Dr Verwoerd nie meer die Eerste Minister van Suid-Afrika is nie, is die beste ding wat met ons land kon gebeur het. Helen Suzman deel die sentiment met haar uitspraak: "I thought we were rid of one of the worst scourges we had."

#OnsTaal
#HFVerwoerd
#Afrikaans

show more

Share/Embed